The Harbinger


And the Afrikaans version …

March 14th, 2009

Een of ander tyd verlede jaar daag ek by die SAUK op om aan SAFM se 08:00-debat deel te neem. In die ateljee vind ek twee onbemande televisiekameras en ’n paar aanmekaar geflanste baniere agter die aanbieder Jeremy Maggs.

Ek was half onkant gevang, onder meer omdat ek aangetrek was vir vroegoggend-radio en daarop staatgemaak het dat dit net die gemoedelike Maggs sou wees daar saam met my. Ek moes egter hoor die TV-kameras is daar om die program uit te saai op die splinternuwe vlagskipkanaal SABC Internasionaal.

Die etiek van die hele ding was verdag: Hoe kan jy nié jou gaste vooraf waarsku dat hulle gaan deelneem aan iets wat regstreeks op televisie uitgesaai word nie? Nog erger was dat dit waarskynlik die swakste TV-program in die wêreld was: twee vaste kameras wat twee mans afneem wat met mekaar gesels in ’n vaal radio-ateljee.

Daardie oggend het iemand iewers wat na SABC Internasionaal gekyk het, gesien hoe ek my koffie op die ateljeetafel mors en hoe Maggs met groot teenwoordigheid van gees probeer aanhou praat terwyl ons rondskarrel om enige skade aan die toerusting te probeer verhoed.

Wel, miskien het iemand dit gesien. Ek kan steeds niemand vind wat daarin kon slaag om toegang tot SABC Internasionaal te kry nie want daardie tyd was dit net beskikbaar op ’n satellietstelsel wat niemand gebruik het nie.

Ek sien verlede week die aankondiging dat die SAUK vanjaar ’n verlies van R700 miljoen ly en dat die uitbreiding van hul internasionale dekking ’n betekenisvolle rol in hul koste-oorskryding gespeel het.

Wel, ek kan die betrokke parlementêre portefeuljekomitee die versekering gee dat dit nié is omdat hulle enige fênsie programmering doen óf deur ’n verkwisting soos deur kameramanne agter kameras te sit nie.

Daar is egter ’n vraag wat die parlementêre mense die SAUK se bestuur behoort te vra oor hul fantasie vir ’n ommekeer in hul geldsake: Hoe begroot hulle vir ’n styging van 14% in inkomste in ’n situasie waar hulle 30% van hul advertensies die afgelope maande verloor het, en waar almal sê dinge gaan vorentoe eers nog erger word voordat dit beter kan word?

Die SAUK was al baie keer in ’n gemors in sy lang en ingewikkelde geskiedenis, maarek kan nie ’n meer onheilige gemors as tans onthou nie. Die uitsaaier begin nou al ander semi-staatsinstellings soos die SAL en Eskom die loef afsteek.

Dink hieraan: Die parlement het spesiale wetgewing uitgevaardig om ontslae te raak van die raad wat dit genomineer het; die raad het die groepshoof afgedank; hulle kan nie iemand anders aanstel nie omdat die huidige bekleër van die pos weier om ’n pakket van R8 miljoen (so word berig) te aanvaar en pad te gee; hy het op sy beurt die nuushoof geskors, wat intussen weer in sy pos herstel is; hulle is R700 miljoen in die rooi en moet ’n staatswaarborg kry omdat die banke nie vir hulle krediet wil gee nie; en hulle betaal nie hul rekenings nie.

En dít is nog voor ons hul dekking van die verkiesing onder oë neem.

Die groot probleem hier is dat die uitsaaier toegelaat het dat die ANC se interne bakleiery hom binnedring. Ek neem aan dít is wat gebeur wanneer jy te naby aan die regerende party is: Wanneer laasgenoemde skeur, weet jy nie watter vertakking jy moet volg nie en die verdelinge en verskille besmet ook jou eie organisasie.

Ek is seker die ou NP-uitsaaiers weet alles van sulke probleme af.

’n Mens kan daaroor debatteer of die uitsaaier se dekking van die verkiesing bevooroordeeld is, en ek reken ’n mens sal dit nuusprogram vir nuusprogram uitmekaar kan pluk om tot ’n gevolgtrekking te kom. Maar die feit is dat jy as onafhanklik gesién moet word, en dat jy dit nié kan wees wanneer jy partykaders het wat die organisasie en sy nuus- en aktuele programme beheer nie.

Die verkiesingsdebatte wat hulle op Sondagaande op SABC2 wys, was byvoorbeeld tot dusver redelik, hoewel ietwat chaoties. Maar elke keer as hulle besluit om iets te dek of nie te dek nie, gáán ons vra of hierdie besluit geneem is deur ’n partykader, en watter faksie van die party hy of sy dien.

Die werklike probleem wat ek sien is nie soseer vooroordeel nie, maar die gehalte van die dekking. Gaan die SABC vir ons indiepteprogramme gee oor partyleiers, hul karakter en geskiedenis? Gaan dit taai, onthullende vrae stel aan elke party oor hul sleutelbeleidskwessies? Gaan dit hulle oral volg en dit wat hulle sê en hoe mense op hulle reageer, op rekord stel?

Maar veral: Gaan dit vir ons ’n presidensiële debat gee, of die ekwivalent daarvan – dit is immers die enigste instansie met die mag en die statuur om te sorg dat so iets wel gebeur.

Ek vermoed dit gaan nie gebeur nie, want die ANC sal dit nie wil hê nie. En dit is die ANC se woord wat die uitsaaier regeer.

Ek het een voorstel vir ’n redelik vinnige, vóórverkiesing-, gedeeltelike oplossing vir die SAUK se probleem om as meer onafhanklik gesien te word: stel ’n openbare redakteur aan.

Ek was deel van ’n paneel wat ondersoek ingestel het na die probleme wat die Sunday Times verlede jaar met sommige van sy meer uitheemse stories gehad het, en ons het dit aan hulle aanbeveel. ’n Openbare redakteur, het ons gemeen, moet ietwat verwyderd van die redakteur wees en moet die mag gegee word om te beslis oor klagtes en om regstellings te gelas.

Hy moet ook optree as ’n aktiewe koppelvlak met die publiek en aan hulle ’n manier bied om vinnig en maklik kwessies rakende korrekte en regverdige beriggewing te opper – en dus weg te beweeg van die situasie in die meeste nuusmedia waar ’n mens moet kla by die onderwerp van jou klagte.

Ons het ook aanbeveel dat ’n openbare redakteur verantwoordelik moet wees vir veldtogte om die verhouding met die publiek te verbeter en vir inisiatiewe om deelname aan die instansie aan te moedig. Openbare redakteurs het al redelik algemeen geword by koerante elders in die wêreld. The New York Times het een aangestel nadat dié koerant ’n paar jaar gelede redaksionele probleme ondervind het.

’n Openbare redakteur is ietwat anders as ’n ombudsman, omdat hy ’n wyer opdrag het: om die verhouding met (in die SAUK se geval) jou luisteraars aktief te verbeter en nie om net op klagtes te reageer nie.

Ek moet dadelik noem dat ’n openbare redakteur nie die probleem by die SAUK permanent sal oplos nie en waarskynlik niks meer is as ’n manier om tydelik ’n situasie te verbeter nie.

Dit vat immers nie die probleem weg van wie die redaksionele besluite neem en op watter basis hulle dit doen nie – maar dit verleen wel ’n mate van beskerming teen misbruik en gee aan die publiek ’n vinnige en doeltreffende manier om hul klagtes te laat opvolg en om te skakel met ’n organisasie so groot en so burokraties soos die SAUK.

Op lang termyn het ons ’n nuwe metode nodig om die SAUK-raad aan te wys sodat dit nie langer aan die ANC se interne verdelings uitgelewer is nie. Die parlement het aangejaag – dit is immers hulle wat hierdie raad aangewys het – en ons het ’n stelsel soos die regterlike dienskommissie nodig om hierdie aanstellings ’n stap weg van die politici te neem.

Dit lyk of ons ook ’n nuwe finansieringsmodel gaan nodig hê, en ons sal moet besluit of die SAUK ’n kommersiële of openbare diens is. Ek meen dit moet ingekrimp word tot ’n openbare diens wat minstens gedeeltelik gefinansier word deur sy enorme kommersiële bates te verkoop.

Volgens my berekenings beheer die SAUK steeds 54% van die televisie- en 44% van die radio-advertensiekoek. En dít is ’n uiters ongesonde situasie.

Entry Filed under: Anton Harber, Journalism, Radio, TV

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Anton Harber: Media

Anton Harber

Professor Anton Harber directs the Journalism and Media Studies Programme at Wits University. He is former editor of the Mail & Guardian.
Full bio

Daily newspaper sales, South Africa
(Ave sales Jul-Dec)
1960 - 681 053 (Population 17,3m)
1970 - 723 566 (22m)
1980 - 803 229 (27,5m)
1990 - 1 214 396 (35,2m)
2000 - 1 117 886 (44m)
2006 - 1 600 000 (47,3m)
2011 - 1 310 000 (49m)

(Sources: ABC and nationmaster.com)

“It was pure political theatre. The excited room was filled with government officials, government consultants, quasi-government agencies, politicians and pupils from government schools. As if on cue, the room rang with applause as one education victory after another was claimed. This was, after all, the annual drama in which the minister of basic education appears on stage to announce the Grade 12 National Senior Certificate (NSC) results …” - Educationist Jonathan Jansen, one of the few with the credibility to look critically at this “celebratory orgy of mediocrity”.

“The (Incwala) ceremony is cloaked in secrecy and marks the (Swaziland) king’s return to public life after a period of withdrawal and spiritual contemplation. Among its highlights is a symbolic demonstration by the king of his power and dominance in a process involving his penetration of a black bull … But last year’s selected bull, according to a recent account from a whistle-blowing Incwala initiate, objected strongly, and threw off Africa’s last absolute monarch.” - Some surprises in this (un-bylined) account of Swaziland politics in Southern African Report

“When the Great Zucchini arrived that Saturday morning, Don had no idea who he was. Frankly, he didn’t look like a great anything. He looked like a house painter, Don thought, with some justification. He wears no costume. He was in painter’s pants, a coffee-stained shirt and a two-day growth of beard. He toted his beat-up props in beat-up steamer trunks, with ripped faux leather and broken hinges hanging askew.” - A classic of magazine profiling, by Gene Weingarten of the Washington Post.

Diepsloot (Jonathan Ball, 2011)

Diesploot: Of Frogs and Fractals, a public lecture at the University of Johannesburg, 4 August 2011

Troublemakers - The Best of South Africa's Investigative JournalismTroublemakers - The Best of South Africa’s Investigative Journalism (Jacana, 2101), edited by Anton Harber and Margaret Renn

Introduction - The Troublemakers: An account of the rise of a new wave of investigative journalism in South Africa.


What is Left Unsaid: Reporting the South African HIV Epidemic, edited by Kristin Palitza, Natalie Ridgard, Helen Struthers and Anton Harber (Fanele, 2010)

Reflections on Journalism in the Transition to Democracy - Ethics & International Affairs 18, no. 3 (2004).

Journalism in the Age of the Market
- Harold Wolpe Memorial Lecture, Centre for Civil Society, University of KZN, Aug 2002

The Untimely Death of SA’s Finest Daily - Sunday Times, May 2005

“Two Newspapers, Two Nations? The Media and the Xenophobic Violence” from Go Home or Die Here, edited by Shireen Hassim Tawana Kupe and Eric Worby (WUP, 2008)

Remarks at Goedgedacht Forum, October 2008

The rise of social network journalism - From The 2009 Flux Trend Review (Macmillan, 2008)

BIG BLOGGERS

Subscribe

Feeds